Kappertjiesop
60 ml botter
1 groot ui
60 ml koekmeelblom
1 liter groenteaftreksel
125 ml witwyn
20 groot kappertjieblare sonder stingels
125 ml melk
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
kappertjieblomme vir garnering
Smelt die botter en soteer die ui daarin tot sag. Roer die koekmeelblom by en roerbraai dit 1 minuut lank. Voeg die aftreksel en wyn daarby; roer aanhoudend om klonte te voorkom. Laat prut vir 3 minute lank. Rol die kappertjieblare op en kerf dit fyn en voeg dit saam met die melk by die aftreksel. Laat prut die mengsel net 2 minute lank sodat die blare hulle kleur behou. Geur die sop met sout en peper. Garneer met kappertjieblomme.

Verwante Artikels