Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Woensdag, Februarie 08 2012 @ 12:57 NM CST

Kapok aartappels met uie

3 uie, fyn gekap
60ml botter
15 ml olyfolie
300 g aartappels, geskil
190 ml melk
sout
peper
n knippie neutmuskaat
grasuie vir versiering

Braai die uie in 30 ml botter en 15 ml olie tot goud bruin terwyl jy dit roer. Kook die aartappels in sout water en dreineer. Wag 'n rukkie tot die aartappels ophou stoom en maak dit dan fyn. Kook die melk en 30 ml botter, sout en peper en die neutmuskaat. Voeg die aartappels en die uie by en meng dit goed. Strooi die grasuie bo-oor.

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie