Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, Februarie 07 2012 @ 08:11 NM CST

Kaneel Couscous

60 g dadels, ontpit en in repies gesny
45 ml amandels, grof gekap
250 ml water
n kwart teelepel kaneel
150 g couscous
30 ml olie
30 ml botter
90 ml lemoensap
sout en peper
komyn (jeera)

Kook die water en die kaneel. Voeg die couscous by en die olie. Verwyder van die hitte, bedek en laat dit staan vir 4 minute. Braai die amandels en die dadels liggies in 15 ml botter. Voeg die lemoensap by en geur met sout, peper en komyn. Roer 15 ml botter, in stukkies gesny, by die couscous. Vlok met twee vurke.

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie