Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Woensdag, Februarie 08 2012 @ 01:32 NM CST

Kalkoen en Roosmaryn Sosatie

1 ui, fyn gekap
280 g kalkoen, in blokkies gesny
Kersie tamaties
4 stewige roosmaryn takkies
sout en peper na smaak
30 ml olie
250 ml groente aftreksel
30 ml bisto

Verhit die oond tot 200 C. Maak gaatjies in die vleis en die tamaties met n sosatie stokkie. Ryg die vleis en die tamaties op die roosmaryn stokkie, een na die ander. Geur met sout en peper. Braai vir 2 minute lank aan al die kante. Plaas die sosaties in n oondvaste bak en bak dit vir 10 minute lank. Braai die uie in die sous. Voeg die aftreksel by en kook vir 3 - 4 minute lank, onbedek. Verdik met die bisto.

Artikelopsies

2 kommentaar

Die volgende kommentaar is die eiendom van wie dit ookal gepos het. Hierdie werf is geensins verantwoordelik vir wat daar gesê word nie.
Geskryf deur: Tonnie aan Sondag, Maart 16 2008 @ 11:58 VM CDT Kalkoen en Roosmaryn Sosatie
Ek het vandag vir die eerste keer hierdie web werf gekry!! Wat 'n fees!!!!!! Ek het net 'n vetkoek resep gesoek, toe kry ek 'n hele resepteboek!!!!
[ # ]

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie