Lekker Suid Afrikaanse Boerekos Resepte - Kom Kook en Geniet saam met ons!

Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Donderdag, September 09 2010 @ 10:18 NM CDT

Kalkoenpot

250 ml koekmeelblom
5 ml sout
5 ml swartpeper
5 ml gemengde, gedroogde kruie
1.5 kg kalkoen dye en boudjies, gesny in skywe
75 ml olyfolie
3 heel knoffelhuisies
6 takkies vars roosmaryn of 10 ml gedroogde roosmaryn
500 ml witwyn
50 ml brandewyn
2 groot uie, fyn gekap
1 en 'n half groen soetrissie, fyn gekap
250 ml spekvleis, gesnipper
5 ml gekapte knoffel
1 hoenderaftreksel blokkie
125 ml warm water
30 ml suurlemoensap
1 pak ontpitte groen olywe, gesny
410 g gekapte tamaties met oreganum en basielkruid (1 blikkie)
5 ml sout
5 ml varsgemaalde swartpeper
125 ml vars, gekapte pietersielie

Meng die koekmeelblom, sout, peper en kruie saam en bedek die kalkoen porsies daarmee. Verhit die olyfolie en voeg die knoffelhuisies by asook die helfte van die roosmaryn. Verbruin die vleis en haal dit uit. Giet die witwyn en die brandewyn in die pot. Voeg die gekapte ui, soetrissie en spekvleis by en soteer dit 3 minute lank. Voeg die gekapte knoffel by en roer dit deur. Voeg die vleis by. Los die aftrekselblokkie in die warm water op en voeg dit by. Voeg die suurlemoensap by. Plaas die deksel op en laat dit prut vir 30 minute lank. Voeg die olywe, tamaties, sout en vars gemaalde swartpeper by. Voeg die res van die roosmaryn by, plaas die deksel op en prut vir 'n verdere 40 minute lank. Strooi die pietersielie oor en bedien met pasta of kapokaartappels.


Wenk

Hierdie resep kan ook op die stoof gemaak word.
Die kalkoen kan ook vervang word met hoenderdye of met haasvleis.



Met komplimente "Maak n Las"

Artikelopsies

0 kommentaar

Die volgende kommentaar is die eiendom van wie dit ookal gepos het. Hierdie werf is geensins verantwoordelik vir wat daar gesê word nie.

Resepte Boeke

Kook met Blikkies en Pakkies
Browse Album

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie

ARGIEF

Donderdag 08-Jul


Woensdag 23-Jun


Dinsdag 22-Jun


Vrydag 18-Jun


Dinsdag 15-Jun


Maandag 14-Jun