Lekker Suid Afrikaanse Boerekos Resepte - Kom Kook en Geniet saam met ons!

Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Donderdag, September 09 2010 @ 09:26 NM CDT

KALKOEN

Bestandele

  • 1 Eetlepel gerasperde lemoenskil
  • 1 Eetlepel pluimvee speserye
  • ¼ Koppie Bruin Suiker
  • Kookvetsproei
  • ¾ Koppie Lemoensap
  • 1 of 2 Uie
  • 1 Vars of ontvriesde Kalkoen (± 12lb - ± 6-7kg)
  • 1 Lemoen
  • ¼ Teelepel Sout
  • ¼ Teelepel Peper

Aanwysigings

Meng die lemoensap en Bruin Suiker in ‘n klein kastrolletjie en bring net tot kookpunt. Sit eenkant en laat afkoel.
Voorverhit die oond tot 375°F (190° C)
Haal die hart, maagie die lewer, en die nek uit die Kalkoen en sit opsy.
Was die Kalkoen deeglik onder koue water, binne en buite, en maak droog.
Bind die pote oor die stuitjie vas. Lig die vlerke op, vou terug en onder die kalkoen in soos gewoonlik met hoender.
Sprinkel en vryf nou die speserye, 1 eetlepel gerasperde lemoenskil, sout en peper binne in die holte en bo-oor die kalkoen, goed in.
Stop die lemoenkwarte en die uikwarte in die kalkoenholte.
Hier is ‘n goeie wenk vir uie wat in die holte van Kalkoen, hoender of eend geplaas word : Sit die uie kwarte, ‘n huisie knoffel en ‘n paar druppels olyfolie
Met ‘n knippie speserye en knippie suiker, in ‘n bakkie met dêksel in die mikrogolf vir een minuut en plaas daarna in die holte.

Plaas die voorbereide Kalkoen nou op die vetbesproeide rak van die oondbraaipan.
Bak die Kalkoen in die oond teen 375°F (190° C) vir 45 minute
Bedruip die kalkoen elke halfuur of so met die lemoensap.
Sit foelie liggies oor kalkoen
Bak die kalkoen vir 2 uur en 15 minute totdat dit gaar is – indien u ‘n vleistermometer gebruik sal dit 180° toon.
Haal die kalkoen uit die oond, sit op ‘n warmbord en hou warm.
Maak sous met die aftreksel uit die braaipan soos volg:


SOUS:

Terwyl die Kalkoen bak, braai die hart, maagie, lewer, en die nek saam met fyngekapte ui (ek sit altyd 'n tikkie suiker by uie wat braai)

Voeg by die pan en kook saam

3 koppies hoenderekstrak

1 wortel gekap

Selery stokkie gekap

Paar heel peperkorrels en lourier blaar

Vars kruie (opsioneel)

Sout en Peper na smaak



Wanneer Kalkoen gaar is en uit die oond en pan verwyder is, strooi so 1 Eetlepel meel oor die pan, sal so effens bruin word. Gooi nou bogemaakte sous deur ‘n sif in die braaipan en skraap, om al die lekker bruin gedeeltes by te bring, laat effens prit op die stoof. Gooi weer deur ‘n sif in ‘n kastrol en voeg 2 eetlepels lemoensap by en verhit tot warm en effens verdik. Slegs ‘n paar druppels lemoenlikeur, whiskey of brandewyn kan ook bygevoeg word vir ekstra geur. (Ek sit soms rooidruiwe korrels van ‘n druif wat ons hier kry in die sous – baie lekker).

Verwante Artikels

Artikelopsies

0 kommentaar

Die volgende kommentaar is die eiendom van wie dit ookal gepos het. Hierdie werf is geensins verantwoordelik vir wat daar gesê word nie.

Resepte Boeke

Kook en Geniet
Browse Album

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie

ARGIEF

Donderdag 08-Jul


Woensdag 23-Jun


Dinsdag 22-Jun


Vrydag 18-Jun


Dinsdag 15-Jun


Maandag 14-Jun