Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Maandag, Februarie 06 2012 @ 05:40 NM CST

Italiaanse Vark Tenderloin

250 g vark tenderloin
Cooking Spray
75 ml gevriesde uie
2 ml Italiaanse speserye
sout na smaak
vars gemaalde swartpeper na smaak
175 ml marinara sous
75 ml gerasperde mozzarella kaas

Sny die vark in 6 stukke. Plaas dit tussen "gladwrap" en slaan dit plat met 'n koekroller, ongeveer 1,5 cm dik. Verhit n pan wat bespuit is met die cooking spray oor medium hitte. Voeg die vark en die ui by en braai die vark 2 minute lank aan beide kante. Meng die speserye, sout en peper en sprinkel dit oor die vark en uie. Gooi die sous oor, bedek dit en laat dit prut vir ongeveer 3 minute lank.Strooi die kaas oor , bedek en kook dit totdat die kaas gesmelt het.
Uittreksel uit "weight watchers"

Wie weet wat marinara sous is? Lidia

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie