Lekker hoendervlerkies
12 hoendervlerkies
sout
rooi peper
olie
105 ml tamatiesous
45 ml lemoensap
45 ml heuning
15 ml rooiwyn asyn
tobasco sous (volgens jou smaak)
15 ml warm mosterd
Sny die voorste gedeelte van elke vlerkie af en gooi dit weg. Sny die vlerkie dan deur by die tweede lit sodat jy 2 stukke het. Geur goed met sout en peper en bedek met olie in 'n bak. Plaas dit op n bakplaat wat bedek is met foelie en bak dit in n voorverhitte oond van 230 Grade vir 10 minute lank, draai dit om en bak vir 'n verdere 7 minute. Meng die tamatiesous, lemoensap, heuning, asyn, mosterd en n paar druppels tobasco sous goed. Plaas die vlerkies by die sous en bedek dit baie goed met die sous. Plaas die vlerkies terug op die bakplaat en bak vir n verdere 10 minute.

Verwante Artikels