HOENDERPASTEI
- 1 Heel Hoender of Hoenderstukke
- 1 hoenderekstrakblokkie
- 2 – 3 heel naeltjies
- 1 wortel
- I ui
- 2 selerystukke
- SUURROOMDEEG vir PASTEIE:
- 1 tlp bakpoeier
- ½ Koppie botter of margarine
- ½ Koppie suurroom
- ½ tlp suurlemoensap
- 1 klein tlp sout
- 1 Koppie meelblom
Aanwysigings
Kook 1 goed gewaste Hoender of Hoenderstukke in een koppie water waarin 1 hoenderekstrakblokkie opgelos is.
Voeg by 2 – 3 heel naeltjies, 1 wortel in stukke gesny, I ui in kwarte gesny, en 2 selerystukke.
Wanneer gaar en sag, laat afkoel, haal uit die sous (hou die sous opsy)sny die hoendervleis van die bene af (wees versigtig dat daar geen klein beentjies agterbly nie)
Sny die vleis in kleiner stukkies en voeg die vleis terug by die sous.
SUURROOMDEEG vir PASTEIE
1 Koppie meelblom
1 tlp bakpoeier
½ Koppie botter of margarine
½ Koppie suurroom
½ tlp suurlemoensap
1 klein tlp sout
Sif die meelblom, bakpoeier en sout saam. Sny die botter, en room in die meel terwyl die suurlemoensap bygevoeg word. Sny goed deur en vorm bal met die hand.
Toegemaak in waspapier laat vir tenminste halfuur in die yskas verkoel
Rol uit op meelbestrooide oppervlakte.
Sny in verlangde vorm, sit oor gevulde tertbak.
Bak teen 200º C vir tien minute – verlaag hitte tot 180º C en bak verder vir 25 – 30 minute.
Verwante Artikels