Lekker Suid Afrikaanse Boerekos Resepte - Kom Kook en Geniet saam met ons!

Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, September 07 2010 @ 06:50 VM CDT

Hoendersop

'n Halwe hoender
200 g rooilensies
2 uie, fyn gekap
5 ml vars gemaalde swartpeper
5 ml fyn komyn
5 ml fyn koljander
5 ml fyn kardemon
2 ml borrie
2 knoffelhuisies, gekneus
5 ml paprika
15 ml koekmeelblom
15 ml lemoensap
15 ml suurlemoensap
sout na smaak
Maak 'n kastrol half vol met water en plaas die hoender, lensies en die helfte van die ui daarin. Voeg die speserye by, bedek dit en laat dit prut dit totdat die hoender en lensies sag is. Ontbeen die hoender en sny die vleis fyn. Smelt die botter en braai die oorblywende ui en die knoffel daarin tot sag en deurskynend. Roer die paprika en koekmeelblom by. Voeg die pasta by die sop en roer dit deur. Voeg die sap en die sout by en dien die sop warm op.

Artikelopsies

0 kommentaar

Die volgende kommentaar is die eiendom van wie dit ookal gepos het. Hierdie werf is geensins verantwoordelik vir wat daar gesê word nie.

Resepte Boeke

Maklike maaltye vir babas en kleuters
Browse Album

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie

ARGIEF

Donderdag 08-Jul


Woensdag 23-Jun


Dinsdag 22-Jun


Vrydag 18-Jun


Dinsdag 15-Jun


Maandag 14-Jun