Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, Februarie 07 2012 @ 07:55 NM CST

Hoender Pasta Gereg

180 ml rou spaghetti
80 g botter
125 ml botter
700 ml warm hoender aftreksel
250 ml vars room
60 ml droƫ sjerrie
sout en vars gemaalde swartpeper
250 g knopie sampioene, gekerf
1 groen soetrissie, gekerf
600 g gekookte hoerderborsies, in blokkies gesny
50 ml gerasperde Parmesaan kaas
Kook die spaghetti en spoel dit af. Smelt die botter en voeg die meel by en kook dit vir 'n minuut. Verwyder dit van hitte. Meng die hoenderaftreksel by, plaas dit terug op die plaat en roer dit totdat dit kook of die sous dik word. Roer die room, sjerrie, sout en peper by. Verwyder dit van die hitte, voeg die spaghetti, sampioene, soetrissie en hoender by. Plaas dit in 'n oondbak en strooi die kaas bo-oor. Bak in n voorverhitte oond van 180 grade vir ongeveer 25 - 30 minute lank.

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie