Hoenderkerriepot
Kerriesous
750 ml rooiwyn
250 ml blatjang
250 ml water
15 ml gemengde, gedroogde kruie
5 ml sout
5 ml varsgemaalde swartpeper
5 ml mosterdsaad
30 ml Bombay masala
15 ml borrie
410 g tamaties, gekap (1 blik)
46 g hoendersoppoeier (1 pakkie)
3 lourierblare
45 ml olyfolie
1 kg hoenderdye, met vel
1 kg hoenderboudjies, met vel
15 ml gekapte knoffel
50 ml brandewyn
1 groot ui, grof gekap
3 selderystingels, grof gesny
1 prei, in dun ringe gesny
20 klein aartappeltjies, geskil
8 wortels, in dik skywe gesny
250 g knopiesampioene, heel
16 klein uitjies, heel
250 g ontpitte pruimedante
250 g gedroogde perskes
250 ml vars gekapte koljander
125 ml vars, gekapte pietersielie
Meng al die bestanddele vir die sous en hou dit eenkant.
Verhit die olyfolie en braai die vleis egalig goudbruin. Voeg die gekapte knoffel en brandewyn by en roerbraai dit 'n minuut lank. Plaas die ui, seldery en prei bo-op die vleis. Moet dit nie roer nie. Voeg die aartappels en wortels by en giet die sous oor. Sit die deksel op en laat prut dit 50 minute lank oor matigge kole. Voeg die sampioene, uitjies, pruimedante, perskes en koljander by. Sit weer die deksel op en laat prut n verdere 20 minute lank oor matige kole. Roer dit deur net voor bediening en strooi die pietersielie oor. Bedien dit met bruin rys.
Wenk
Hierdie pot kan ook op die stoof voorberei word.
Met Komplimente "Maak n Las"

Verwante Artikels