Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, Februarie 07 2012 @ 09:12 NM CST

Hoenderdye met tamaties en kappertjiesaad

170 g linguine pasta
4 hoenderdye, ontvel en ontbeen
45 ml vars gekapte basiliekruid
2 blikkies tamaties met basiliekruid
15 ml kappertjiesaad
30 ml vars gekapte basiliekruid vir granering

Kook die pasta volgens die aanwysings op die pakkie en dreineer dit.Terwyl die pasta kook, besprinkel die hoender met die basiliekruid en braai dit 2 tot 3 minute aan elke kant totdat dit bruin is. Voeg die tamaties by, laat dit kook, bedek dit en stel die hitte af sodat die gereg prut. Laat dit prut vir ongeveer 15 minute, draai die hoender so af en toe om. Haal die deksel af en kook dit onbedek vir 2 tot 3 minute lank. Roer dit aanhoudend. Voeg die kappertjiesaad by en bedien dit met die pasta.
Uittreksel uit "weight watchers"

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie