Lekker Suid Afrikaanse Boerekos Resepte - Kom Kook en Geniet saam met ons!

Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, September 07 2010 @ 07:15 VM CDT

Hoender-en-aspersieroompot

POTJIEKOS50 ml olyfolie
15 ml gekapte knoffel
50 ml brandewyn
250 g spekvleis, gekap
2 uie, in ringe gesny
3 selderystingels, in dun skyfies gesny
250 g gekleurde skroefnoedels
15 klein aartappels, geskil
1 rooi soetrissie, in repe gesny
1 geel soetrissie, in repe gesny
250 g knopiesampioene, heel
250 ml gerasperde chedderkaas
Sous

410 g aspersiestukke met vloeistof (1 blik)
250 ml vars room
750 ml witwyn
46 g sampioen soppoeier (1 pakkie)
30 ml aromat
30 ml gemengde gedroogde kruie
5 ml knoffelsout
2 ml varsgemaalde swartpeper


Metode

Verhit die olie oor matige kole in die pot. Voeg die hoenderstukke by en verbruin dit. Voeg die knoffel, brandewyn en spekvleis by en roerbraai dit 5 minute lank. Strooi die ui, seldery en noedels oor die hoender. Voeg die aartappels, soetrissie en sampioene by. Strooi die kaas bo-oor.

Meng die bestanddele vir die sous deeglik en giet dit oor. Bedek die pot en laat dit prut vir 60 tot 75 minute lank oor matige kole. Moenie die potjie roer nie. Roer dit deur net voor bediening.



Met komplimente "Maak n Las"

Artikelopsies

0 kommentaar

Die volgende kommentaar is die eiendom van wie dit ookal gepos het. Hierdie werf is geensins verantwoordelik vir wat daar gesê word nie.

Resepte Boeke

Kook met Blikkies en Pakkies
Browse Album

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie

ARGIEF

Donderdag 08-Jul


Woensdag 23-Jun


Dinsdag 22-Jun


Vrydag 18-Jun


Dinsdag 15-Jun


Maandag 14-Jun