Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Maandag, Februarie 06 2012 @ 06:50 NM CST

Speserye - Hoender en ander bykosse

So 4 -6 mense

5 ml Kaneel
5 ml Paprika
5 ml pietersielie (kan ook vars kruie gebruik)
2.5 ml Fyn gemmer
50 ml Suurlemoensap
15 ml Olyfolie
3 knoffelhuisies – fyngemaal (wenk – braai knoffelhuisies bruin voor u dit kerf.Gee ‘n lekker soetsmaak)
2 Rooi uie – een fyn gekerf
- een heel
Vars Dille – so 4 klein bossies (kan by jou naaste supermark gekry word)
5ml Sout
2.5 ml Peper
150 ml water
Bykosse:
Room spinasie. Kerf een groot bossie spinasie (groot blare) - nie te fyn nie. Braai een knoffelhuisie so 5 min. in 15ml botter. Soteer spinasie en in pan. Braai vir so 1 min. Voeg 300ml Room by die spinasie. Kook tot room dik is – so 5 min.

Rys
Gebruik Thai se rys. Kook genoeg vir 4-6 mense.
Voeg bietjie fyngekerfte dille by (so 50ml) net voor rys gaar is. Gee ‘n fantastiese smaak aan die rys.

Gebraaide Wortels en Murgpampoen
300g Murgpampoen
300g Wortels
½ rooi ui
15g botter
5 ml sout
10 ml Basalmiese Asyn
15 ml strooisuiker (kan Hullets se sugalite ook gebruik)
2.5 ml peper
Knypie gemmer
100 ml water


Sny murgpampoen (in die skuinste) en so ook die wortels. Spoel af. Kerf rooi ui.
Neem die botter, sout, ui, strooisuiker, peper, gemmer en braai in pan tot bruin.Voeg water by. Braai wortels en pampoen vir so 15-25 min op lae hitte. Dit moet sag en bruin wees.

Hoender

Maak gaatjies onder die vel van die hoender . Druk van die fyngekerfde dille orals onder die vel in. Gebruik die res van die dille en smeer oral oor die hoenderstukke. Braai die hoender in 5 ml olyfolie in 'n braaiskottel. Braai bruin aan alle kante.
Braai 1 gekerfde ui, helfte van knoffel in 5 ml van die olyfolie tot ligbruin in 'n aparte pan. Meng die res van bestanddele goed en voeg by hoender, saam met die ui en knoffel. Kook oor lae hitte vir so 20-30 min. met deksel (of tot gaar). Opsioneel kan die hoender bietjie in die oond gesit word om bo-op bruin te braai. Dien op saam met rys en ander bykosse. Heerlik!

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie