HAASVLEIS
- Vlakhaas, rooihaas of kolhaas
- 1 klein fyngekapte ui
- 2 lourierblare
- 4 naeltjies
- Knypie tiemie
- Knoffelsout
- Sout & peper
- 2 E Asyn
- ¼ koppie Kookolie
- 1 blokkie hoenderekstrak aangemaak met ½ koppie kookwater.
Aanwysigings
Vlakhaas, rooihaas of kolhaas kan gebruik word.
Sny haas in stukke, kook op in water, (wanneer begin kook, totdat water afgegooi word,
moet dit nie veel langer as 20 min. duur nie, anders word vleis te sag): gooi water af.
Voeg by :
1 klein fyngekapte ui
2 lourierblare
4 naeltjies
Knypie tiemie
Knoffelsout
Sout & peper
2 E Asyn
¼ koppie Kookolie
1 blokkie hoenderekstrak aangemaak met ½ koppie kookwater.
Voeg ook vars water by en kook dan stadig.
Wanneer goed deurgekook en vleis sag is, verwyder bene, vlok die vleis en bedien met
Kapokaartappels.
Die vleis kan ook so berei en dan as pastei opgedien word.
Wildsvleis, soos Springbok of ander, kan ook so sag gekook word, en ook as pastei opgedien word.
SIEN SUURROOMDEEG vir PASTEIE RESEP
Verwante Artikels