Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, Februarie 07 2012 @ 08:07 NM CST

GROENBOONTJIES

Bestandele

  • 500 g groenboontjies
  • 1 middelslag-aartappel
  • 1 middelslag-ui
  • 1 middelslag-tamatie
  • Sout en peper na smaak
  • 2 E botter of margarien

Aanwysigings

Gestoofde groenboontjies was altyd ‘n gunsteling veral as my Ouma ‘n stukkie vet skaapvleis of repies swoerd bygevoeg het vir ekstra smaaklikheid.

Genoeg vir so 6 persone

Onthaar en kerf die groenboontjies fyn (omtrent 2 – 3 koppies vol).

Skil en sny die aartappel in kwarte of effens kleiner, die uie in skyfies en die tamatie in stukkies. Voeg dit by die boontjies. Voeg ‘n bietjie kookwater by en met die deksel op kook vir ongeveer 35 minute oor matige hitte tot sag – as te droog voeg nog bietjie kookwater by.

Maak nou die groenboontjie mengsel fyn met ‘n aartappelfynmaker. Geur met sout en peper na smaak en roer die botter of margarien by. (fyn gekerfde pietersielie daarby ook goed). Sit warm voor. (opgewarm die volgende dag is dit nog lekker).

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie