Gevulde lamsboud
30 ml olyfolie
100 g spek, gekap
1 ui, gekap
1 seldery, gekap
2 knoffelhuisies, fyn gekap
100 g spinasie, gestoom
125 g varkworsies
1 sny witbrood, korsies verwyder
50 g feta kaas, gekrummel
30 ml vars, gekapte pietersielie
30 ml vars, gekapte kruisement
2 ml gedroogde roosmaryn
10 ml gerasperde suurlemoenskil
1 eier, geklits
2 - 2,5 kg skaapboud, ontbeen
Voorverhit die oond tot 160 grade. Verhit die olie en braai die spek oor medium hitte vir 2 minute lank, voeg dan die ui, seldery en knoffel by. Braai vir 'n verdere 2 minute en voeg die spinasie by. Plaas die deksel op en verwyder van die hitte. Laat die stoom vir 5 minute sonder om die deksel te verwyder. Druk die vleis uit die wors. Week die brood in water en druk die oortollige water uit. Voeg die brood, kruie en suurlemoenskil by die wors. Geur dit goed met sout en peper. Sodra die spinasiemengsel n bietjie afgekoel het, roer dit by die wors mengsel en meng dit deeglik. Rol die boud oop en slaan dit sodat die boud ongeveer dieselfde dikte is regdeur. Smeer die vulsel eweredig oor die boud, rol dit op en bind dit vas met kombuistou. Plaas die boud, met die naat na onder op n oondrak in n oondbak en bak dit vir ongeveer 2 ure lank. Laat die boud rus vir ongeveer 15 minute voordat dit gesny word.

Verwante Artikels