Gevulde lynvis oor die kole
6 klein vissies, sonder skubbe en gevlek, kop en stert aan
olyfolie
sout en wit peper
bindtou
2 suurlemoene gehalveer
Vusel
45 ml olyfolie
45 ml botter
1 groot ui, grof gekap
1 rooi soetrissie, in dun repe gesny
1 groen soetrissie in dun repe gesny
1 prei, in dun ringe gesny
1 selderystingel, in dun repe gesny
2 wortels, in dun repe gesny
2 murgpampoentjies, in dun repe gesny
10 ml gekapte knoffel
5 ml gedroogde tiemie
2,5 ml gedroogde dille
5 ml visspeserye
Smeer die visse aan beidekante met olyfolie. Strooi sout en witpeper oor en verkoel die vis vir 1 uur lank.
Verhit die olyfolie en botter in n pan oor baie warm hitte. Voeg die ui, soetrissie, prei, seldery, wortel, en murgpampoentjies by en roerbraai dit vir 3 minute lank. Voeg die knoffel by en strooi die die kruie en visspeserye oor en roerbraai n verdere 2 minute. Skep dit uit en laat dit afkoel. Vlek die visse oop, vul dit met die vulsel, vou dit toe en bind dit vas met die bindtou. Plaas die visse in 'n vlekvryestaal rooster wat betryk is met olyfolie. Braai dit oor matige hitte (30 cm bo kole). Draai dit elke 2 minute om en lig die bokant van die rooster op om te verhoed dat die vis vaskleef aan die rooster. Druk met elke draai slag suurlemoensap oor die vis uit. Braai dit 12 tot 15 minute lank of totdat die vis se ogies begin prut. Geniet dit.
Met komplimente "Maak n Las"

Verwante Artikels