Lekker Suid Afrikaanse Boerekos Resepte - Kom Kook en Geniet saam met ons!

Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Donderdag, September 09 2010 @ 10:24 NM CDT

Geurige varkdikrib

15 ml olie
500 g varkdikrib, ontbeen en in blokkies gesny
1 groot ui, gekap
1 knoffelhuisie, gekneus
15 ml gerasperde gemmerwortel
15 ml matige kerriepoeier
1 heel kruienaeltjie
1 lourierblaar
3 kardemompeule
5 ml gekneusde koljandersaad
1 stuk pypkaneel
410 g pynappelringe
375 ml vleisaftreksel
30 ml wit asyn
5 ml sout
Verhit die olie en verbruin die vleis daarin. Voeg die ui, knoffel en gemmer by en soteer dit totdat die ui deurskynend is. Voeg die kerrie en speserye by en soteer dit 2 minute lank. Dreineer die pynappelringe en behou die vloeistof. Rangskik die pynappel op die vleis. Verhit die pynappelsap, vleisaftreksel, asyn en sout saam en giet dit oor die vleis. Plaas die desel op en stowe dit 1 tot 1 uur 30 minute lank, of totdat die vleis gaar is.




"Kook met Kruie en Speserye"

Artikelopsies

0 kommentaar

Die volgende kommentaar is die eiendom van wie dit ookal gepos het. Hierdie werf is geensins verantwoordelik vir wat daar gesê word nie.

Resepte Boeke

Potjiekos Wenners
Browse Album

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie

ARGIEF

Donderdag 08-Jul


Woensdag 23-Jun


Dinsdag 22-Jun


Vrydag 18-Jun


Dinsdag 15-Jun


Maandag 14-Jun