Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, Februarie 07 2012 @ 08:23 NM CST

GESTOOFDE PATATS

Bestandele
  • 2 kg patats
  • ½ koppie botter
  • 1 koppie geelsuiker
  • ½ koppie heuning of gouestroop
  • Sout na smaak
  • 4 Kaneelstokkies

Aanwysigings

Was patats en kook met of sonder skil.
Sny in ewe dik skywe wanneer gaar. (as met skil gekook, skil eers af)
Plaas in ‘n kastrol met botter, suiker en heuning of gouestroop, (gouestroop laat die patats mooi bruin braai).
Voeg sout en kaneel by en laat stowe tot bruin en sag.
(Die resep kan vir Amerikaanse Yams gebruik word).

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie