Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Woensdag, Februarie 08 2012 @ 01:03 NM CST

Geroosterde Roosmaryn en Tamatie Hoender

4 medium uie, in kwarte gesny
50 ml botter
30 ml vars roosmaryn, fyn gekerf
15 ml tamatie puree
1 groot hoender
60 ml olyfolie
sout en peper na smaak
4 groot aartappels, gehalveer
450 g kersie tamaties (1 blikkie)
5 ml suiker
n paar vars takkies roosmaryn

Sit die uie in 'n oondbak. Meng die botter, roosmaryn en tamatie puree. Maak die vel van die hoender aan die bors kant los om n "sakkie" te vorm. Smeer die mengsel in daardie "sakkie". Plaas die hoender op die uie. Besprinkel die hoender met olie en geur die hoender met sout en peper. Braai vir 1 uur 15 minute lank. Bedek die bors van die hoender met foelie om te verhoed dat dit brand, indien nodig. Voeg die aartappels die laaste 40 minute by.

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie