Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Woensdag, Februarie 08 2012 @ 01:28 NM CST

Gerookte Vark Lendeskyf

400 g wortels, gekap
200 g uie, gekap
400 g klein aartappeltjies, geskil
60 ml olie
200 g sauerkraut
sout en peper
30 ml fyn karweisaad
1 kg vark lendeskyf
2 lourierblare
n halwe bossie pietersielie, gekap
250 ml groente aftreksel
Braai die aartappels in die olie. Na 7 minute voeg die wortels en die uie by.Roer die sauerkraut by en geur met sout, peper en die karweisaad. Kry n baksak reg volgens die instuksies. Plaas dit op n bakplaat. Plaas die groente mengsel in die sak. Geur die vark goed met peper en sit dit bo-op die groente. Voeg die lourierblare en die helfte van die pietersielie en dan die aftreksel by. Maak die baksak toe en maak n gaatjie of twee. Bak die gereg vir 40 minute lank in n voorverhitte oond van 190 C. Plaas dit in n bord en strooi die oorblywende pietersielie oor.

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie