Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Vrydag, Mei 18 2012 @ 08:47 NM CDT

Gemmerbier

4,5 liter water
28 g gemmerwortel
500 ml suiker
15 ml gis
5 ml suiker
250 ml louwarm water
1 suurlemoen

Kook water en voeg gekneusde gemmerwortel en suiker by. Roer dit tot die suiker opgelos is. Giet in n emaljekan of - emmer en laat afkoel tot louwarm. Meng die gis met die 5 ml suiker en voeg die louwarm water by. Laat dit 5 tot 10 minute lank staan op 'n warm plek totdat dit begin gis. Voeg die gis by die louwarm suikerwater. Sny die suurlemoen in dun skyfies en voeg dit by. Laat dit 24 uur lank staan en syg dit deur n klam doek. Giet in bottels en kurk toe. Dit sal in 'n dag of twee reg wees om te drink.

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie