Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Woensdag, Februarie 08 2012 @ 01:20 NM CST

Gemarineerde calamari

2 kg calamari ringe

Marinade

250 ml olyfolie
250 ml witasyn
3 knoffelhuisies, gekneus
1 lourierblaar
10 ml vars, gekapte roosmaryn
of
5 ml gedroogde roosmaryn
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
vars roosmaryntakkies vir garnering
Kook die calamari ringe in kookwater totdat dit nie meer deurskyned is nie. Dreineer dit en skep dit in n diep glasbak. Meng die marinade bestanddele en skep dit oor die calamari. Marineer dit 24 uur lank in die yskas; roer dit gereeld om. Dreineer die calamari en skep dit op n glasdienbord. Graneer die calamari met vars roosmaryntakkies.




"Kook met Kruie en Speserye"

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie