Gebraaide Wildsboud in die pot
Mosterdsous
60 ml heelkorrelmosterdsaad
30 ml brandewyn
125 ml mayonnaise
125 ml ongegeurde jogurt
2.5 ml sout
2.5 ml varsgemaalde swartpeper
1 vlakvarkboud
1 liter karringmelk
3 repe varkspek, in blokkies gesny
15 ml gekapte knoffel
braaivleisspeserye
sout en peper na smaak
250 ml olyfolie
3 repe varkspek, 20 cm elk
Metode
Meng al die bestanddele vir die sous deeglik en hou dit in die yskas. Maak seker dat die boud "ryp" is. Plaas die boud in 'n bak en gooi die karringmelk oor dit uit. Laat die boud 2 dae lank marineer in die yskas. Draai dit gereeld om.
Steek gate in die boud. Rol die varkspekblokkies in die knoffel en geur met die braaivleisspeserye. Stop die boud met die blokkies en geur met sout en peper. Verhit die olie in 'n potjie oor matige kole. Braai die boud ongeveer 10 minute lank. Draai dit gereeld om. Plaas die 3 lang repe varkspek bo-oor die boud. Bedek die bek van die pot met foelie - blink kant na binne - om te verhoed dat stoom ontsnap. Sit die deksel op en laat dit vir drie uur oor matige kole gaar word. Sny die boud in skywe en bedien dit met die mosterd sous.
Met komplimente "Maak n Las"

Verwante Artikels