Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Woensdag, Februarie 08 2012 @ 01:33 NM CST

Garnale met Bulgur Wheat Pilaf

Vinaigrette

1 tamatie, ontpit en gekap
1 koppie tamatiesap
15 ml sherrie asyn
15 ml balsamic asyn
5 ml vars tiemie, gekap
10 ml vars basiliekruid, gekap
5 ml olyfolie
15 ml vars grasuie, fyn gekap
2,5 ml sout
vars gemaalde swartpeper na smaak


Pilaf

15 ml olyfolie
1 rooi ui, fyn gekap
375 ml bulgar
200 ml hoenderaftreksel
1 bossie aspersies, gekap in stukkies
1 groen soetrissie, fyn gekap
1 rooi soetrissie, fyn gekap
250 ml geel kersie tamaties, gehalveer
10 ml "pine nuts", gerooster


Garnale

20 groot garnale, sonder die dop en derm
2,5 ml sout
vars gemaalde swartpeper na smaak
10 ml olyfolie
1 bossie bronslaai, sonder stingels


Metode:

Vinaigrette

Kook die tamaties, tamatiesap, asyn, tiemie en 5 ml basiliekruid oor lae hitte, roer dit af en toe om te verhoed dat dit vasbrand, 12 tot 15 minute. Plaas dit in n voedselverwerker en gooi die olie by. Maak dit n puree. Roer die grasui en die oorblywende basiliekruid en sout en peper by. Hou dit eenkant.

Pilaf

Verhit die olie oor hoe hitte en verminder hitte na laag, kook die ui, 4 tot 5 minute. Voeg die bulgae by, kook, roer dit vir 2 tot 3 minute. Voeg die aftreksel by. Verminder die hitte na laag en laat dit prut vir 12 tot 15 minute. Verhit die oorblywende olie in n pan en kook die aspersies en soetrissie vir 4 tot 5 minute. Meng die bulger met die aspersies, rissies, tamaties, neute en twee derdes van die vinaigrette in n bak.

Garnale

Geur die garnale met sout en peper en gooi olie oor en braai dit oor hoƫ hitte, 3 tot 4 minute. Verwyder van die hitte en gooi die oorblywende vinaigrette oor. Plaas die Pilaf in n opskep bord en sit die garnale bo-op. Garneer met die bronslaai.

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie