Fyn vyekonfyt
Geskryf deur: chefsharkie
Was en skil die ryp vye dun af en weeg dit. Gebruik 375 g suiker vir elke 500 g vrugte en 125 ml water vir elke 500 g suiker. Sit die vye en die suiker in lae in n kastrol en voeg die water by. Verhit stadig en roer af en toe tot die suiker opgelos is. Voeg n stuk gekneusde gemmerwortel en 15 ml suurlemoensap vir elke 500 g vrugte by. Kook verder, omtrent n uur en bottel dit warm.
"Kook en Geniet"
"Kook en Geniet"
Verwante Artikels