Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Vrydag, Mei 18 2012 @ 08:45 NM CDT

Fyn appelkooskonfyt

Was die appelkose, breek hulle oop en haal die pit uit. Vir n baie ligte en helder konfyt, kan die appelkose dun afgeskil word. Weeg die vrugte en neem dieselfde gewig suiker. Sit die vrugte en die suiker in lae in n kastrol waarvan die bodem met botter gesmeer is en laat dit n paar uur lank staan. Verhit dit stadig en roer dit af en toe tot al die suiker opgelos is. Moet dit nie kook totdat die suiker opgelos is nie. Kook dit dan vinnig tot die konfyt helder en dik genoeg is. Trek die lepel af en toe oor die bodem om te verhoed dat die fyn konfyt nie aanbrand nie. Toets die konfyt na 30 minute en bottel dit warm.
"Kook en Geniet"

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie