Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Woensdag, Februarie 08 2012 @ 01:06 NM CST

Drie-Kaas-Spaghetti

1 pakkie spaghetti
125 ml pietersielie, grof gekap
85g mascarpone
gorgonzola
sout en peper na smaak
parmesaan na smaak

Kook die spaghetti volgens die aanwysings op die pakkie. Dreineer en hou so n bietjie van die water. Smelt die mascarpone in n pan en krummel die gorgonzola kaas en voeg dit by die mascarpone. Voeg die spaghetti by die kaas en geur met sout en peper. Voeg water by indien nodig. Voeg die pietersielie en die parmesaan by en bedien dadelik.

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie