Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, Februarie 07 2012 @ 08:32 NM CST

Chilli con Carne

450 g maalvleis
375 ml water
10 ml chilli poeier
1 ui, gekap
2 seldery stingels, gekap
1 groen soetrissie, gekap
1 blikkie chilli boontjies
1 blikkie tamaties, gekerf
gerasperde cheddar kaas
gekapte groen ui

Braai die ui, seldery en soetrissie vir ongeveer 5 minute. Verwyder en hou dit eenkant. Braai die maalvleis vir ongeveer 5 minute of totdat dit verbruin het. Voeg die water, chilli, ui, seldery, soetrissie, boontjies en tamaties by. Laat dit kook, verminder die hitte en laat dit prut vir 10 minute lank, roer dit so af en toe.
Uittreksel uit "weight watchers"

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie