Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Woensdag, Februarie 08 2012 @ 01:18 NM CST

"Butternut" en Vrugte Sop

2 Medium grootte vars "butternuts" in klein blokkies gesny
1 Groot Appel in blokkies gesny
1 Groot Peer in blokkies gesny
1 Medium Aartappel in blokkies gesny
1 Groot Bruin Ui in skywe gesny
2 Huisies vars fyngekapte knoffel
2 Eetlepels bruin suiker
1 Teelepel medium Kerriepoeier
2 Eetlepels botter
2 Blokkies hoender aftreksel
500 ml Kookwater
1/2 Teelepel grof gemaalde peper
Melk soos nodig
Vars room (opsioneel)
1/2 pakkie blokkies Spek (Opsioneel)
Gekrummelde Feta Kaas (Opsioneel)

Voeg hoender aftreksel in kookwater, en laat staan om op te los. Neem groot pot vir sop, en sit op medium hitte. Smelt botter, en braai uie en knoffel daarin. Voeg peper en bruin suiker by en glasuur uie tot mooi glaserig. Roer gedurig sodat dit nie vas brand nie.

Gooi nou butternut, aartappel, appel, peer en kerriepoeier by uie en braai op medium hitte tot pampoen en kerrie geur sterk deurkom. (Spek kan hier bygevoeg word)

Gooi nou hoender aftreksel mengsel by en kook oor lae hitte vir ongeveer 30-45 minute of tot mooi deurgekook is.

Versap alles nou in die pot...voeg melk by tot verlangde dikte van sop bereik word. (Kan ook bietjie room hier gebruik, maak dit ryker of selfs nog water met hoenderaftreksel indien ligter sop verlang word.)

Kook op baie lae hitte vir 15 minute, en roer gereeld.

Bedien warm of koud (Gekrummelde Feta Kaas kan ingegooi word net voor bedien word)

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie