Lekker Suid Afrikaanse Boerekos Resepte - Kom Kook en Geniet saam met ons!

Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Saterdag, Julie 31 2010 @ 10:28 NM CDT

mamma kraai se boerewors

Enigeen op hier lief om vleis te bewerk en 'n allerheerlike Boerewors resep wil hê, hier is die een wat ek al die jare gebruik het.


1½ kg gemaalde beesvleis
1½ kg gemaalde varkvleis
500 g. varkspek, grof gemaal of in klein blokkies gesny
50 ml. heel koljander
25 ml sout
5 ml peper
2 ml fyn naeltjies
2 ml fun neut (nutmeg)
150 ml goeie asyn
50 ml wonderpeper (allspice)
en ongeveer 9 g. derms.

Meng vleise en spek.

Skroei die koljander en maal dan fyn. Meng al die droë bestanddele en meng goed in die vleis in. Voeg asyn by. Laat staan 'n klein rukkie en stop dan die derms.

Behalwe om te bak en braai , is hierdie ook ideaal vir droog vir droewors!!!!

Artikelopsies

2 kommentaar

Die volgende kommentaar is die eiendom van wie dit ookal gepos het. Hierdie werf is geensins verantwoordelik vir wat daar gesê word nie.
Geskryf deur: ijani aan Maandag, Januarie 18 2010 @ 04:56 VM CST mamma kraai se boerewors
Die varkvleis maak dat ek dit nie sal droog nie. Dit is miskien net 'n persoonlike voorkeur maar ek staan daarby.

Beste groete.

Janneman
Geskryf deur: bossienz aan Woensdag, Maart 10 2010 @ 05:20 NM CST mamma kraai se boerewors
Ek het die resep al gebruik vir droëwors deur net die varkvleis met vetterige brisket te vervang. Vetterige skaapvleis sal ook werk. Maar die ander kommentaar is korrek - as dit varkvleis inhet kan dit nie gedroog word nie want dit is galsterig.

Hierdie bly een van die lekkerste "tradisionele" boerewors resepte wat ek al gebruik het en is elle keer die basis waarvandaan ek verder eksperimenteer met chillies, kaas of watookal by.

'n Ander BAIE lekker wors is om die Kook en Geniet se sosatieresep te volg, en dit dan te maal en te stop (met varkvleis, skaapstert of vetterige brisket by).

Resepte Boeke

Sarie 5
Browse Album

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie