Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Woensdag, Februarie 08 2012 @ 12:43 NM CST

Biltong - en - kaasskons

100ml gerasperde Cheddarkaas
150ml gerasperde biltong
420ml koekmeelblom
15ml bakpoeier
120ml melk
35ml botter/margarien
3ml Bovril
1 eier

Sif alle droƫ bestanddele saam, behalwe die kaas en die biltong. Vryf die botter in die meelmengsel totdat dit korrelrig is. Voeg die kaas en die biltong daarby. Klits die Bovril, eier en melk saam en sny die mengsel met 'n mes in die bottermengsel in. Rol die deeg uit in die verlangde dikte en sny in vierkante. Plaas effens van mekaar op 'n gesmeerde bakplaat en bak by 220C vir plus-minus 12-15 minute. Dien op met botter terwyl dit nog warm is.

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie