Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, Februarie 07 2012 @ 08:26 NM CST

Beesstertpotjie

POTJIEKOSSous

60 ml Brandewyn
750 ml droƫ rooiwyn
375 ml blatjang
125 ml Worcestersous
125 ml tamatiesous
botterbone se vloeistof
1 pakkie beesstertsoppoeier
250 ml kookwater
30 ml gemengde, gedroogde kruie
30 ml Aromat
5 ml knoffelsout
5 ml suurlemoenpeper
3 lourierblare


45 ml olyfolie
2 kg beesstert, opgesny
10 ml gekapte knoffel
2 uie, in ringe gesny
1 groen soetrissie, grof gekap
2 selderystingels, in skyfies gesny
2 preie, in skyfies gesny
8 wortels, in skyfies gesny
20 klein aartappeltjies, geskil
16 klein uitjies
250 g knopiesampioene
410 g botterbone
vars, gekapte pietersielie

Metode

Meng al die bestanddele vir die sous baie deeglik en hou dit eenkant.
Verhit die olyfolie in die potjie oor matige hitte en soteer die vleis vir 10 minute lank. Voeg die knoffel by en roer dit 1 minuut lank. Giet die sous oor die vleis. Moet dit nou nie weer roer nie. Rangskik die uie, soetrissie, seldery en preie bo-op die vleis. Daarna volg die wortels en aartappeltjies. Sit die deksel op en laat prut vir 3 uur 30 minute lank oor matige kole. Voeg kookwater by as dit te droog word. Voeg die klein uitjies, sampioene en botterbone by. Bedek dit en laat dit prut vir nog 30 minute lank. Roer dit deur en garneer met pitersielie voor bediening.

Wenk

Hierdie sous kan ook gebruik word met blokkies vleis.

Artikelopsies

1 kommentaar

Die volgende kommentaar is die eiendom van wie dit ookal gepos het. Hierdie werf is geensins verantwoordelik vir wat daar gesê word nie.
Geskryf deur: RozanedB aan Dinsdag, Junie 07 2011 @ 01:42 VM CDT Beesstertpotjie
Ons het hierdie potjie gebou Sondag 3 Junie 2011, en dit was n wenner! Het wel bietjie aan die resep verander; so 15 minute voordat die pot van die vuur afgekom het, het ons n pakkie "Beef stroganoff cook-in sauce" ingegooi.
Voorwaarlik n treffer!
[ # ]

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie