Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, Februarie 07 2012 @ 08:02 NM CST

Babalas Brêkvis

Die volgende resep het ek by my vriend Jannie gekry wat hy die oggend maak as daar die vorige aand bietjie rugby gekyk en "gevat" is:

4 snye Roosterbrood (verkieslik bruin)
1 Blikkie gerookte Oesters of Mossels, olie afgegooi.
1 Blikkie Tuna, veral die wat deesdae gegeur
is met kerrie of bone.
30 ml kaassmeer.
Paar skutte Aromat of sout
Genoeg Peri-Peri of brandsous soos wat jy kan hanteer.
Meng die bestanddele goed. (en moenie jou steur aan hoe dit lyk nie.)
Rooster die brood en skep die mengsel op die brood.
Slegs twee broodjies per persoon! ( Dis lekker ryk)
Sluk af met 'n glas koue melk.
Dit sal 'n huppel in jou stappie sit!

Artikelopsies

1 kommentaar

Die volgende kommentaar is die eiendom van wie dit ookal gepos het. Hierdie werf is geensins verantwoordelik vir wat daar gesê word nie.
Geskryf deur: yolandi aan Woensdag, Julie 11 2007 @ 12:07 NM CDT Babalas Brêkvis
huppel??? Jy sal te bang wees!!!

---
-Yolandi v R v Oudtshoorn
[ # ]

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie