Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, Februarie 07 2012 @ 08:18 NM CST

Aspersie Risotto

1 ui, fyn gekap
1 koppie kort korrel rys
15 ml botter
562,5 ml groente aftreksel
60 ml wit wyn
255 g wit aspersies
255 g groen aspersies
30 ml botter
knippie suiker
sout en peper
Parmesaan kaas
Braai die ui en die rys in die botter tot die ui deurskynend is. Bring die aftreksel tot kookpunt. Voeg die witwyn en genoeg aftreksel by die rys om dit te bedek. Kook die rys oor medium hitte tot al die aftreksel gebruik is (ongeveer 25 minute). Voeg aftreksel by soos nodig. Roer af en toe. Skil die aspersies en breek die "hout" gedeelte af. Sny die aspersies in byt happie grootte. Braai die aspersies in botter en die suiker, vir 5 minute lank. Geur met sout en peper. Roer die aspersies en 45 ml parmesaan kaas by die rys. Strooi 30 ml parmesaan kaas bo-oor die risotto.

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie