Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Woensdag, Februarie 08 2012 @ 01:07 NM CST

Aartappel-kruiesop

4 repe swoerdlose spek
15 ml botter
2 groot uie
6 groot aartappels, in blokkies gesny
500 ml hoenderaftreksel
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
500 ml melk
5 ml aangemaakte mosterd
15 ml vars pietersielie, gekap
5 ml gedroogde basiliekruid
2 ml gedroodge marjolein
Braai die spek in n swaarboompot tot bros. Voeg die botter, uie en aartappelblokkies by en soteer dit totdat die ui sag en deurskynend is. Voeg die aftreksel, sout en peper by. Bedek dit en laat prut die mengsel totdat die aartappels sag is. Voeg die melk by en laat dit prut vir 10 minute. Druk die aartappels fyn en voeg die res van die bestanddele by. Laat prut dit n verdere 5 minute lank. Dien die sop dadelik op.

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie