Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Maandag, Februarie 06 2012 @ 07:02 NM CST

Aarbeitert

1 koppie "graham crackers"
4 koppies aarbeie, gesny
1 koppie en 30 ml suiker
2 ml sout
1 pakkie ongegeurde gelatien
7,5 ml vaniele geursel
125 ml eierwitte
n kwart teelepel kremetart
Verhit die oond tot 190 C of 375 F. Bespuit n tertbak met cooking spray. Druk die kors mooi vas op die bodem en aan die kante van die tertbak. Bak dit vir 15 minute en verwyder. Maak 2 koppies aarbeie fyn en voeg 'n koppie suiker en die sout by in n pan oor medium hitte. Bring dit tot kook punt en voeg die gelatien by. Roer dit tot dit opgelos is. Verwyder dit van die hitte en voeg die oorblywende aarbeie en 5 ml vanielje by. Klop die eierwitte en die kremetart tot horingkies vorm. Voeg die oorblywende suiker en vanielje by en klop tot dit styf is. Skep die aarbeie bo-op die kors en smeer die eierwit oor. Bak vir 12 minute. Plaas dit in die yskas vir ten minste 3 ure voor dit voorgesit word.

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie