Loader

Waatlemoenkonfyt

2014-09-19
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (3.7 / 5)

3.7 5 16
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

16 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Melktert

  • Bobotie

  • Oorskiet rooi en wit wyn

  • Oupa Andre se sterk mosterd

  • Salmmousse

Die lekkerste konfyt wat jy ooit jou tande sal in byt….

Verwyder die groen skil en sagte binneste van ‘n maketaan waatlemoen.
Sny die wit skil in stukke.
Prik elke stuk baie goed met ‘n vurk en weeg die stukke.
Plaas die waatlemoen oornag in ‘n kalkoplossing gemaak van 12,5 ml kalk en 3,6 liter water.
Spoel die volgende dag baie goed af en laat in skoon water week vir ten minste 2 uur.
Plaas skoon water in ‘n groot kastrol en verhit tot kookpunt.
Voeg die stukke waatlemoen een vir een by terwyl die water voortdurend kook.
Indien die water ophou kook, sal die stukke pap word.
Kook tot die stukke helder is en ‘n tandestokkie maklik daardeur gesteek kan word.

Berei ‘n stroop voor :

In ‘n diep kastrol, bring 500 g suiker en 1 liter water vir elke 500 g waatlemoen tot kookpunt. Roer aanhoudend tot suiker opgelos en dik begin raak
Voeg die sap van 1 suurlemoen, ‘n knypie sout en 5 gemmerstukke by.
Voeg die stukke waatlemoen een vir een by kokende stroop en kook tot stukke helder en deurskynend is.

Pak in skoon gesteriliseerde bottels en verseël.

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!