SUURROOMDEEG vir PASTEIE
Bestandele
- 1 Koppie meelblom
- 1 tlp bakpoeier
- ½ Koppie botter of margarine
- ½ Koppie suurroom
- ½ tlp suurlemoensap
- 1 klein tlp sout
Aanwysigings
Sif die meelblom, bakpoeier en sout saam. Sny die botter, en room in die meel terwyl die suurlemoensap bygevoeg word. Sny goed deur en vorm bal met die hand.
Toegemaak in waspapier laat vir tenminste halfuur in die yskas verkoel
Rol uit op meelbestrooide oppervlakte.
Sny in verlangde vorm, sit oor gevulde tertbak.
Bak teen 200º C vir tien minute – verlaag hitte tot 180º C en bak verder vir 25 – 30 minute.
**Vir ‘n soetpasteikors kan suiker by die meelblom gevoeg en gesif word.**
Verwante Artikels