Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Vrydag, Mei 18 2012 @ 08:42 NM CDT

Spaghetti bolognais

Maklik en vinnig vir die wat nie tyd het om ure lank te kook nie
8 - 10 Porsies

Bestandele:

500g Spaghetti
Blikkie Chakkalaka
Blikkie Baked beans in tamatiesous
Blikkie room suikermielies
4 Groot uie
Bossie selotte
1kg Maalvleis
500g Ryp Cheddar kaas
Sout en peper na smaak

Metode:

Sit eerste warm kraan water, genoeg vir die pasta op en laat kook - sout na smaak en bietjie olie.
Skil die uie en kap grof - nie te grof
Sny die selotte ook nie te grof
Sit nog n plaat aan vir die Bolognais en gebruik n groot braaipan
Braai die uie en selotte tot sag
Voeg nou die peper en chakkalaka en roer tot kook

Teen die tyd kook die water en die pasta kan jy nou in sit en roer nou en dan sodat die pasta nie aanmekaar klou nie

Sodra die chakkalaka kook - voeg die res van die bestandele by
Laat kook en dan voeg jy die sout na smaak

Sodra die bolognais kook behoort die pasta "al dente"(sag maar ferm) te wees - dreineer in vergiete met koue water en gooi n bietjie olyf olie daaroor om dit n lekker smaak te gee en dit los te hou.

Haal die bolognais af en bedien met lekker ryp cheddar kaas daaroor gestrooi.


Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie