Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Vrydag, Mei 18 2012 @ 08:42 NM CDT

Pruimedante en Soetwyn Wildsbredie




Bestanddele:

800 g wildsvleis, in blokkies gesny
1 koppie soetwyn
2 koppies water
halwe koppie olie
3 groot uie, geskil en in blokkies gesny
paar knoffelhuisies gepars
2 pakkies swoerdlose spek
2 groot eetlepels tamatiepasta
130 g droë pruimedante
sout en peper na smaak

Metode:


Gebruik verkieslik 'n swaarbodem pot.
Verhit die olie in 'n kastrol en braai die spek daarin tot dit bros is.
Voeg die uie en knoffel by, braai tot deurskynend
Sit nou die vleis by en braai dit oor hoë hitte totdat die vleis begin kleur kry.
Roer die tamatiepasta en 1 teelepel sout en peper by.
Voeg nou die pruimedante, water en soetwyn by.
Laat prut dit vir ongeveer 2 na 3 ure of totdat die vleis sag is.
Hou die deksel op, kyk na uur of vloeistof nog genoeg is.
Haal die deksel af sodra die vleis sag is sodat die oortollige vloeistof kan verdamp.

Bedien met stampmielies of heerlike vars gebakte mieliebroodjie.



Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie