Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Vrydag, Mei 18 2012 @ 08:41 NM CDT

Tropiese Vlaskywe




Bestanddele:

1x 200g Cream Crackers
5x250ml melk
50ml botter of margarien
250ml suiker
125ml koekmeelblom
125ml mielieblom
50ml vlapoeier
knippie sout
3 eiers geskei
125ml koue water
vanielje geursel

Pynappellaag:
250ml suiker
25ml vars suurlemoensap
440g fyn pynappel, gedreineer & deur sif gevryf
Glansversiersel:
300ml versiersuiker, gesif
50ml kookwater

Rangskik die helfte van die beskuitjies in ‘n gesmeerde vierkantige tertbak. Verhit melk, botter en suiker oor lae hitte tot die suiker opgelos is.
Verhoog die hitte en roer tot die mengsel kookpunt bereik.
Meng meel, mielieblom, vlapoeier en sout.
Klop eiergele en water, roer by die droë bestanddele en meng goed.
Roer ‘n bietjie van die melkmengsel daarby, meng goed en skep die eiermengsel by die res van die melkmengsel.
Verhit oor matige hitte en klop tot die mengsel verdik.
Verwyder van hitte en geur met vanielje geursel.
Laat effens afkoel, klits eierwitte styf en vou liggies by die vlamengsel in.
Skep die mengsel oor die beskuitjies, smeer gelyk en pak die orige beskuitjies bo-op die vla mengsel sodat die boonste laag beskuitjies oor die onderste laag pas.
Laat in yskas om heeltemal styf te word.

Pynappellaag:
Verhit die suiker, 25ml water en die suurlemoensap, roer tot al die suikerkristalle opgelos is en kook tot sagtebal stadium.
Roer pynappel by en kook 5 minute.
Vryf die mengsel deur ‘n sif en smeer oor die beskuitjies.
Laat in yskas tot gestol.

Glansversiersel:
Meng versiersuiker en kookwater en smeer oor pynappellaag.
Laat in koelkas totdat die glansversiersel geset het.
Sny in skywe.

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie