Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, Februarie 07 2012 @ 08:33 NM CST

Melkkos



Die goeie ou staatmaker vir die koue winter aande.
2 l melk
2 k koekmeel
bakkie met water
sout na smaak
kaneelsuiker

Laat melk stadig verhit tot kookpunt.
Druk hand in water en spat die meel nat sodat dit frummels maak.
Roer om sodat droe meel weer bo is, en herhaal tot jy 'n klomp klonte en stukkies frummels het.
As die melk begin kook dan skep jy die grootste klonte en stukkies met jou hand uit en gooi by die melk.
Roer dit stadig sodat die klonte nie breek nie.
Toets nou en dan om te proe of als deurgaar is.
Hou op LAE hitte want dit brand nou vreeslik vinnig.
Bedien met kaneel suiker.

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie