SKAAPSTERTJIES

Skaapstertjies was altyd as afval beskou, probeer hierdie resep en jy sal anders daaroor dink.
2kg skaapstertjies (vra jou slaghuis om die vet klaar te verwyder)
3 uie
Steak 'n Chop Spice
Heel koljander
Pepermeul
Gooi die skaapstertjies en 1 van die uie in 'n drukkoker en laat drukkook vir ongeveer 15min.
Sny uie in skywe en pak op bakplaat.
Pak skaapstertjies bo-op en geur met speserye en koljander wat deur die pepermeul gemaal word.
Laat rooster in oond to mooi bruin, of dit kan op die kole bruin gebraai word.
Verwante Artikels