Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Woensdag, Februarie 08 2012 @ 12:27 NM CST

Piesangbroodjie gesondheid



Bestandele:
3 oorryp piesangs
100g botter
1/2 koppie suiker
20 ml grondboontjiebotter
twee eetlepels heuning
500 ml meel
2.5 ml bakpoeier
2.5 ml koeksoda
knippie sout
50 gram amandel vlokkies
50 gram pampoenpitte
25 gram gekrummelde pekan neute

Metode:

Voorverhit oond na 180 grade.

1. Rooster die amandel vlokkies en pampoenpitte vir so paar minute in 'n baie warm pan
2. Smelt die botter ‘n ‘n pan. Wanneer dit gesmelt is, gooi die suiker by en roer dit in tot dit gesmelt is.
3. Gooi bietjie botter in as dit te klewerig raak.
4. Gooi nou die botter en suiker smeltsel in ‘n voedselverwerker en meng vir so 30 sekondes.
5. Gooi die stukke piesang en heuning by en verwerk tot pap, dan die grondboontjiebotter en verwerk weer tot pap.
Dit sal miskien nodig wees om so klein bietjie water/melk by te gooi om die pulp sag te kry.
6. Meng in ‘n mengbak al die droë bestanddele, ingesluit die pampoenpitte, pekanneute en amandel vlokkies.
7. Gooi dan die pulp by en werk dit deur met ‘n paplepel of ‘n slaplemmes of soortgelyk. Moenie te veel kommer nie as dit ‘n taaier mengsel is as waaraan jy gewoond is vir piesangbrood.
8. Skep dit als ‘n ‘n bottergesmeerde broodpan en bak vir minstens 50 minute tot ‘n uur teen 180 grade.

Artikelopsies

1 kommentaar

Die volgende kommentaar is die eiendom van wie dit ookal gepos het. Hierdie werf is geensins verantwoordelik vir wat daar gesê word nie.
Geskryf deur: Snip13 aan Vrydag, Junie 03 2011 @ 02:57 NM CDT Piesangbroodjie gesondheid
Yummy! My bek water eintlik nou, sal dit gerus probeer.
[ # ]

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie