Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Woensdag, Februarie 08 2012 @ 12:26 NM CST

WARM DADELPOEDING



1½ Koppie Meelblom
1 Hoogvol teelepel Koeksoda
1 koppie Gekapte Dadels
½ teelepel Kaneel
2 Eetlepels Appelkooskonfyt
1 Eier
1 Melk

METODE:

Vryf botter in meel.
Voeg gekapte dadels en konfyt by.
Maak mengsel van melk en koeksoda aan, gooi eier in melkmengsel, en voeg die melkmengsel dan by die meelmengsel en roer goed deur


SOUS:

Kook 2½ Koppie water en 1½ koppie suiker vir 5 minute in groot kastrol.
Roer aanhoudend totdat suiker gesmelt is.

Skep deegmengsel in kokende stroop en en plaas deksel op, draai onmiddelik die hitte op laagste temp.

Kook vir 40 min, op laagste temperatuur van plaat as moontlik, moenie deksel oplig nie...

Bedien warm met heerlike vla, roomys of geklopte room


Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie