Diepskep Hoenderskottel
Jy wil die al die kossoorte bedien maar het nie lus om ure voor die stoof te staan nie, dan sal hierdie ene jou baie help.
Vleis / Hoender genoeg vir 4 persone
2 k rys
1 pak Caulibroc (of stukke groente wat jy van hou. Groente soos spinasie ens sal nie werk nie)
2 aartappels in skywe gesny
2 uie in skywe gesny
1 pakkie bruin uiesop poeier
1 l water
3 e Worcestershire sous
Sit oond op 180°c
Gooi rou rys onder in caserole
Pak aartappels en dan uie bo-op
Sit hoender/vleis stukke bo-op.
Meng soppoeier met water en Worcestershiresous en gooi oor als.
Gooi extra Chicken spice oor as jy hoender gebruik.
Maak toe en laat bak vir 2-3 ure.
Haal deksel af, strooi nog bietjie
speserye oor en rooster tot goudbruin.
Verwante Artikels