Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, Februarie 07 2012 @ 08:12 NM CST

Skaapboud sonder fieterjasies



Maklikste skaapboud ooit en dit werk ELKE keer.

Dit hang nou af wanneer jy die boud wil bedien. As jy hom vir Sondagmiddagete wil hĂȘ, stel ek voor dat jy deel 1 die aand voor jy gaan slaap doen. Vir aandete kan jy dit die oggend voor werk doen.


Metode:

1 Skaapboud
3 groot uie
2 k water
Bisto

Deel 1:
Stel oond op 110C
Sit gevriesde skaapboud, vetkant na bo in groot caserole wat kan toemaak.
Gooi lekker dik met Steak 'n Chop spice of enige speserye vir vleis wat jy verkies.
Sny uie in kwarte en pak om skaapboud.
Gooi water by.
Bedek en sit in oond.
Gaan werk toe of gaan slaap en laat skaapboud op sy eie.

Deel 2 (Ongeveer 8 - 10 ure later) :
(Hierdie is ekstra moeite en nie nodig nie, maar uiters die moeite werd:
trek die aftreksel op met 'n groot spuitnaald wat jy by die apteek kan kry en spuit dit in die boud op verskeie plekke)
Met 'n baie skerp mes sny oor die vet kant sodat daar 'n diamant motief oor die vetkant strek.
Rooster die vetjies tot dit lekker bruin is.
Haal boud uit en sit op opdien bord en sny altyd teen die grein van die vleis. M.a.w loodreg met die been, nie parrallel met die been nie.
Gebruik vleissous en uie om 'n sous te maak deur bietjie Bisto in te meng of 'n pakkie soppoeier wat 'n vleis geur het.

Bedien saam met bykosse van keuse, maar ek stel voor groenboontjies en gebakte aartappels of rys.

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie